Refleks

'n Refleks is 'n stereotipe reaksie op 'n bepaalde prikkel en vind geheel en al onwillekeurig plaas. Daar is altyd 'n orgaan by betrokke wat die prikkelontvang, 'n senuwee wat die opgevangde sein na die sentrale senuweestelsel voer en 'n afvoersenuwee wat na verwerking van die sein 'n antwoord na 'n uitvoerende orgaan deurgee.

Bogenoemde verbinding deur middel van die senuweestelsel staan bekend as ʼn refleksboog. Volgens die aantal oorgangspunte (sinapse) tussen die ingeskakelde aantal senuweeselle kan daar onderskei word tussen monosinaptiese reflekse (een sinaps) en polisinaptiese reflekse (meer as een sinaps). 'n Ander indeling is ook moontlik volgens die ligging van die reseptor ten opsigte van die van die effektor. By ʼn "vreemde refleks" is die prikkelontvangende orgaan buile die reagerende orgaan geleë; by 'n eie refleks is die reseptor binne die effektor geleë.

Die meeste reflekse word vernoem na die tipe (aard van) handeling of na die orgaan wat daarby betrokke is. Soms word dit ook selfs vernoem na die outeur wat dit die eerste maal beskryf het. In die geneeskunde kan daar aan die hand van die onderbreking of nie-onderbreking van 'n bepaalde refleks gevolgtrekkings gemaak word oor die ligging van steurings in die senuweestelsel. Verder speel refleksondersoeke ook 'n rol by die beoordeling van die ontwikkelingsfase van 'n kind tydens sy eerste lewensjaar. Bepaalde reflekse is naamlik slegs aanwesig tydens ʼn spesifieke periode en kan derhalwe 'n rof speel by die opsporing van agterstande of afwykinge soos breinskade.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search